Me Lindi Pickard

Me Lindi Pickard

Ek is `n positiewe, vriendelike person met ‘n passie vir die lewe. Ek help graag ander om hul drome te bewaarheid en glo dat elke mens ‘n doel in die lewe het.

Mnr. Riaan du Plessis

Mnr. Riaan du Plessis

Ek is ‘n mens mens…ek voel my roeping in die lewe is om ander te help. Ek het ‘n diploma in” Grahic designing”en ook diploma in Biblical Therepy…Agv van my kreatiewe natuur wat ek en my ma deel het ons ons eie design winkel begin waar ons werk van beigheids kaartjies tot groot borde op geboue tot “vehicle wrapping”.
Ek doen graag berading van tyd tot tyd veral met die ouers wat soveel seer het.

Ek is ‘n selfversekere jong man, doelgerig,lief vir die lewe… Al raak ek net een persoon dan het ek iets grootes gedoen deur Jesus wat my die krag gee…ek glo mens moet “inovative”wees uit die boks dink..

Riaan de Wet

Riaan de Wet

I am passionate to see people whole and healthy (a state of robust health), in them selves, their relationships, and in there work environment. To reach their full potential. I have 25 years of full-time ministry in Church experience and now almost 3 years in ministering to the business community.

I serve as Coach, Corporate Chaplain, and Culture Evangelist in SMME (Small, Medium, and Micro Enterprise/ Entrepreneurs) I am married to my lovely wife who shares the same passions.

Mr Lazarus Makwena

Mr Lazarus Makwena

Passievolle en baie energiek. Vind vreugde daarin om te sien mense bereik sukses. Hou daarvan om mense te help. Sterk leier met goeie vermoe om ander te stig, bemagtig en
ondersteun.

Ds Johannes van der Merwe

Ds Johannes van der Merwe

Ek help graag mense wat nuwe of groot drome het, maar dalk nou oorweldig, vasgeval of onseker voel, om weer op koers te kom en hulle doelwitte te bereik. Ek is vriendelik en het ’n hart vir mense.

Ek is ’n entoesiastiese volgeling van Jesus Christus, opgelei in teologie, maar ek respekteer mense se oortuigings. Ek het dertig jaar ondervinding in kerklike bediening en het al baie mense deur verskillende situasies begelei. Ek het ook ondervinding as kontemplatiewe spirituele begeleier.

Ek raak opgewonde as mense groot drome het en hulleself wil verbeter en ontwikkel ten opsigte van hulle emosionele en geestelike volwassenheid en ek sal graag die prosesse wil fasiliteer.

Ek is bereid om fasilitering oor ’n lang afstand te doen (bv. dmv Zoom).

Mnr Frans van der Merwe

Mnr Frans van der Merwe

Ek is ‘n gesinsman met twee kinders. Na my studies in Rekeningkunde het ek die besgheids wêreld betree en meer as 30 jaar se ondervinding opgedoen. Ek bedryf nogsteeds my eie besighede maar nadat my kinders begin ooneem het is dit tyd om te begin terug ploeg.

Dit sal ‘n voorreg wees om ‘n verskil te bewerkstellig in ‘n klient se lewe en sodoende te verseker dat hul die beste weergawe van hulself te word.

Me Elfreda Breytenbach

Me Elfreda Breytenbach

Ek is `n entoesiastiese, vriendelike mens met `n hart vir ander.

Ek beskik oor honneurs grade in beide Sielkunde en Kriminologie tesame met vier jaar se ervaring as `n vrywilligers- werker by verskeie organisasies wat omsien na hawelose kinders/tieners, asook `n organisasie wat persone help om hul lewens oor te begin na verslawing.

Ek help graag waar ek kan en is nie bang vir nuwe uitdagings nie. Ek is doelgerig, lewenslustig, georganiseerd en glo in voortdurende selfontwikkeling.