Short description
Ek is die personifikasie van my motto: Dare to dream, dare to be free, dare to LIVE.
Ek was vir jare ‘n onderwyseres – Biologie, Wiskunde en die afgelope paar jaar Visuele kuns en Drama. Tieners lê my baie na aan die hart, veral ‘probleem’tieners. Dit het my in die onderwys gefrustreer dat ek nie tyd gehad het om aan individue aandag te gee tot die mate wat ek graag wou help nie.
Die menslike liggaam en veral die brein en senuweestelsel interesseer my geweldig. Ek het ook die waarde van kuns, in al sy vorme, as terapeutiese middel leer ken.
Ek het al meer gefrustreerd geraak en verlede jaar besef dat ek net bestaan en nie meer leef nie. Ek is getroud, met 3 volwasse, werkende dogters wat my gemotiveer het om ‘n beroepsverandering te maak. Danksy The Neuro Coach Method, leef ek nou daagliks my droom en passie uit met betroubare vaardighede wat ek optimaal gebruik om ander te help wat in ‘n groef vasgevang is. Saam met die kunsterapie stimuleer dit al my belangstellings en voel ek geroepe om ‘n verskil te maak as Life Coach en met verdere studie as Neuro Coach! Ek LEWE weer en besef dat God my my hele lewe lank vir hierdie roeping – deur al my lewenservarings – voorberei het.
I am fully bilingual, comfortable in both Afrikaans and
English.

Categories