Short description
Ek is `n vriendelike, behulpsame mens wat graag ‘n verskil wil maak in my medemens se lewe. Niks gee my meer plesier as om mense te help en te verreik nie. Ek voel geroepe om my 2de kans op lewe ten volle te gebruik om die lewe vir almal wat met my in aanraking kom te verbeter.
Ek beskik oor ‘n graad in Sielkunde tesame met ervaring as `n vrywilligers- werker by ‘n organisasie wat omsien na hawelose gestremde volwassenes. Ek het ook al persone met Alzheimer siekte of Dementia of selfs net eensame en hartseer volwassenes gehelp met Speelterrapie waarin ek babapoppe en sagte speelgoed gebruik. Dit was werklik ‘n wonderlike ervaring waarin ek heelwat persone se lewe kon verander.
Ek het n passie vir mense van alle vlakke van die lewe en streef daarna om soveel as moontlik te bereik. Ek is opgewonde en doelgerig asook hardwerkend en georginaseerd om alles moontlik te doen om myself te ontwikkel, sodat ek nog meer kan verrig om ander te help.