Mnr. Theuns Kruger (Ds.)

Mnr. Theuns Kruger (Ds.)
Short description
Ek is ‘n onderwyser van beroep en sien ‘n duidelike tendens in vandag se jongmense en volwassenes dat hulle al hoe meer angstig raak oor die toekoms en baie maklik in depressie verval. My grootste vreugde en begeerte is om hierdie mense by te staan en ook te lei na ‘n veranderder sienswyse oor hul toekoms.

Ek het ook ondervinding met die berading van jongmense omdat hulle die hulp nodig het om sekere besluite en keuses vir die toekoms te maak.
Ek het na my onderwys opleiding ook teologie gaan studeer en myself bekwaam in die beradingsproses van die mens. Hierna het ek verskeie kursusse bygewoon en dan ook ‘n diploma kursus by Unisa voltooi wat gehandel het oor die bystand van die jongmense. In 2021 het ek ‘n addisionele sertifikaat kusus by die Noord Wes Universiteit onder leiding van Professor Wentzel Coetzer, voltooi. Hierdie kursus was gemik op Pastorale sorg en krisis berading van kinders en jongmense.

My uitgangspunt in die lewe is om enige persoon by te staan wat deur ‘n moeilike tyd in sy of haar lewe gaan en wat graag ‘n sukses van hul lewens wil maak.
Specializes in…

Life Coach

082 828 1522
Business Address
Johannesburg – Suid
Contact listing owner

Send Message