MLNP Communities

Wat behels die MLNP Communities?

(En waarom het 15 mense laasjaar daaraan behoort?)

MLNP Facilitator Community

Vir diegene wat MLNP wil bemeester! Wat leergierig is en soveel moontlik van die werkswinkels gedurende 2019 wil bywoon.

As mense se welstand en groei vir jou belangrik is en jy deel wil wees van 9 ander MLNP Fasiliteerders wat soos jy voel oor hulpverlening, dan is hierdie Community vir jou..

Indien jy nie vir honderde ure wil sukkel nie, maar in 20 ure MLNP wil bemeester, dan is die Facilitator Community vir jou!

Voorwaardes en voordele

Slegs vir 10 persone wat reeds die MLNP Basic Training bygewoon het. (Daar is nog 2 plekke beskikbaar)

  • Finansieël: Dit kos R3950.
  • Jou eerste werkswinkel wat jy in 2019 bywoon is dan verniet. Bv. as jy nog nie MLNP Trauma bygewoon het nie, kan jy verniet bywoon. Jy kan kies wat jy wil bywoon (Life Coach uitgesluit).
  • Alle daarop volgende werkswinkels is slegs halfprys (Business Coach uitgesluit). Bv. sou jy nog die Ego-States en Addictions werkswinkels ook later gedurende 2019 wil bywoon, dan betaal jy slegs R2250 vir elk.
  • Jy kan ook die MLNP Life Coach teen 40% afslag bywoon (dan kos dit jou R9600 ipv R16000)!
  • Jy kan enige werkswinkel wat jy reeds in 2018 bygewoon het, weer verniet bywoon.

Interaksie: 10 zoom sessies waar ek en die 10 lede eenmaal per maand (Feb tot Nov) bymekaarkom om ervaringe te deel, vrae te vra en van mekaar te leer.

Subskills: Ons bespreek watter subskills in watter volgorde geleer moet word. Ons bespreek die voor- en nadele van elkeen en leer die fynere kuns van MLNP (want MLNP is eintlik ‘n creative art en nie ‘n skill nie) aan.

Navorsing: Die Community is altyd die eerste mense waarmee ek nuwe inligting deel, navorsing bespreek en wie die klankbord vir nuwe idees is. Jy kry ook geleentheid om nuwe werkswinkels (daar kom 2 nuwes hierdie jaar) eerste teen halfprys by te woon.

Hindernisse: Elke MLNP Fasiliteerder het sy of haar eie persoonlike hindernisse om te oorkom. Tydens 4 van die 10 zoom sessies doen ek MLNP met een van die lede. Jy kan van die geleentheid gebruik maak en dit beleef, of net sien hoe MLNP per zoom gedoen word.

Oefening: Nuwe idees, navorsing en metodes word saam geoefen en bespreek. Die lede is daar vir ondersteuning en onderlinge motivering. Ek wys en bespreek tegnieke wat nie tydens werkswinkels gedemonstreer word nie.

Pay

Aanlynbetaling vir die Facilitator Community: R3950.00


MLNP Life & Business Community

Vir diegene wat die besigheidsaspek van coaching wil bemeester. Dis vir opgeleide MLNP Life Coaches wat daarvan hou om met indivdue en/of groepe te werk.

Asjy glo Coaching verander lewens en die kliënt moet bereid wees om daarvoor te betaal.

Indien jy die sisteem wil leer hoe om ‘n finansieël suksesvolle life coaching praktyk te hê, dan is die Life Coach Community vir jou!

Voorwaardes en voordele

Slegs 5 persone wat reeds in MLNP Basic en/of Life Coaching opgelei is. (Daar is nog 2 plekke beskikbaar)

Finansieël: Dit kos R9950. Die Life Coach werkswinkel is dan verniet en alle ander werkswinkels is halfprys – selfs die Business Coach werkswinkel. Jy kan enige werkswinkel wat jy in 2018 bygewoon het, weer verniet bywoon.

Interaksie: 10 zoom sessies waar ek en die 10 lede eenmaal per maand (Feb tot Nov) bymekaarkom om ‘n beproefde sisteem te leer hoe om meer geld met coaching te maak.

Subskills: Ons bespreek watter subskills in coaching belangrik is. Daar is geleentheid gedurende die zoom sessies om hierdie subskills te bespreek en te oefen.

Navorsing: Die Community is altyd die eerste mense met wie ek nuwe inligting deel, navorsing bespreek en wie die klankbord vir nuwe idees is.

Hindernisse: Elke MLNP Fasiliteerder en coach het sy of haar eie persoonlike hindernisse om te oorkom. Tydens 2 van die 10 zoom sessies coach ek een van die lede. Jy kan van die geleentheid gebruik maak om so gecoach te word, of net sien hoe coaching per zoom gedoen word.

Oefening: Jy moet ten minste 1 uur per week opsy kan sit om dit wat tydens die zoom sessie bespreek is, te doen en te oefen.


Bonus – Webwerf!!

Ek gaan elke Community-lid help om sy of haar eie webwerf op die been te bring met ten minste 3 webblaaie: About me, Contact me, and Services/Products.

Pay

Aanlynbetaling vir die Life Coach Community: R9950.00

Wat twee van laasjaar se Community-lede sê

Ek het November 2017 die MLNP Basic en Trauma werkswinkels bygewoon – baie geleer, ervaar en besluit dit kan werk. Toe die geleentheid in 2018 opkom om deel van die Community te wees het ek aangesluit, omdat ek baie nuut met die tegniek was. Ek wou ook op hoogte bly van nuwe gebeure en by die groep nuwe idees om MLNP in die praktyk toe te pas kry.

Ek was nie teleurgesteld nie! Ek het baie nuwe en kreatiewe idees by Edgar, Bertie en die groep gekry. Verder het ek ook die geleentheid gekry om vrae te vra wanneer ek vasgehak het of onseker was oor hoe om MLNP met sekere kliënte te doen.

Ek het hierdie jaar besluit om weer aan te sluit omdat ek baie van die ondersteuning hou. Ek voel nie meer so alleen as in die verlede nie, want om ‘n privaat praktyk te hê kan maar met tye voel asof jy op jou eie eiland is. Ek hou van die Community se leeromgewing en wil beslis nie uitmis op nuwe en kreatiewe maniere van MLNP toepassing nie.

Sal ek dit aanbeveel? Beslis! Of jy nog onseker is en of jy reeds ervare in MLNP is, die Facilitator Community se ondersteuning, aanmoediging en “cyber-familie”-gevoel is van meer waarde as die finansiële voordele wat jy kry. (Dr. Nadine Dunn – Opvoedkundige Sielkundige)


Ek het ook die wonder van MLNP ontdek en daarom was dit vir my ‘n groot voorreg om deel van die Life Coach Community in 2018 te kon wees. Die maandelikse ZOOM afsprake het vir my verskeie voordele ingehou soos die ander MLNP life coaches wat ek ontmoet het, die interaksie, die nuwe idees en persoonlike a-ha oomblikke wat ek beleef het.

Gedurende 2018 het ek my eie deeltydse praktyk begin en die motivering, raad en ondersteuning van die groep was van onskatbare waarde. Die feit dat Edgar en Bertie dikwels nuwe idees gedeel/getoets het en ons ook praktiese oefeninge laat doen het, was ‘n ongelooflike leerervaring!  Die aspek van “accountability” was waardevol – veral die feit dat ons altyd terugvoering oor iets moes gee.

Die gemaklike atmosfeer het verseker gehelp dat ek met groot vrymoedigheid enige vrae kon vra of bydraes kon lewer in ander se kwessies.  O ja, wat ook uitgestaan het, is die kreatiwiteit en vryheid waarbinne MLNP toegepas kan word – daar is mos nie ‘n reg en verkeerd nie!! LOL!

Alhoewel dit aanvanklik ‘n groot uitgawe was, was dit tog op finansiële gebied ‘n sinvolle besluit a.g.v. al die ander kursusse wat ek deur die jaar gratis/teen afslag tariewe kon bywoon. Ek het verseker op professionele én persoonlike gebied by my betrokkenheid gebaat en ek sal dit met die grootste vrymoedigheid aanbeveel! (Lizahn Oosthuizen – Maatskaplike werker)

Hoekom doen ek dit?

Elke jaar, vir die afgelope 6 jaar, woon ek ten minste een nuwe werkswinkel en/of kursus ten minste eenmaal per jaar oorsee by. En jy kan self dink dat dit heelwat meer kos as die MLNP werkswinkel wat jy bywoon.

Ek hou van nuwe (of die nuutste) metodes, tegnieke en navorsing in beide terapie en coaching. Ek was van die eerstes in Suid Afrika wat in Emotional Freedom Technique en Matrix Reimprinting deur Karl Dawson (die uitvinder) van laasgenoemde tegnieke opgelei te word. Ek is die eerste in Afrika om in Brainspotting deur Dr. David Grand (die uitvinder daarvan) opgelei te word. Ek was die eerste in Afrika om die nuutste tegnieke vir verslawings deur Dr. Roby Abeles (die navorser en uitvinder) opgelei te word.

Hierdie nuutste inligting en metodes pas ek dan eers self in my praktyk toe en wanneer ek gemaklik daarmee voel en genoeg getuienisse van positiewe resultate het, bied ek dit weer vir almal wat reeds MLNP Basic bygewoon het en belangstel aan.

Die Community kry altyd eerste geleentheid, asook teen ‘n vermindere bedrag. Bv., die MLNP Addictions wat nou R4500 kos, het vir die Community lede laasjaar net R2500 gekos.

Die Community-lede kry nie net ‘n finansiële voordeel nie, maar gee my ook die geleentheid om nuwe kursusse in Amerika of Europe te gaan bywoon.

Verder hou ek van terugvoer en die beste plek om dit te kry, is by die mense wat MLNP die meeste gebruik. Ek glo ook MLNP is besig om te evolve en heel moontlik oor ‘n paar jaar sal dit anders toegepas word. Ons dink saam, leer saam en doen saam dit wat ons passie is – om mense te help!