Daar is tans 13 MLNP™ werkswinkels

1. The Neuro-Coach Method (6-Dag Werkswinkel)

Waaroor gaan dit?
6-Dag werkswinkel om deur die Life Coach Flow Chart te werk.
Addisionele voodele: Registrasie by ICR as Life Coach na voltooiing van gevallestudies.
Voorwaardes: Moes die Life Coach Selfstudieprogram voltooi en 10 Mentorgroepsessies bygewoon het.
Prys: R16000.
Datums: TBA
Waar?: Aanlyn


Spesialis Werkswinkels

Waaroor gaan dit?
Elke werkswinkel fokus op ‘n spesifieke terapeutiese en/of Coaching area met MLNP tegnieke en Ekometriese assesserings..
Voorwaardes: Moes MLNP Basies bygewoon het en moet by ICR as Life Coach of by HPSCA, SAASWIPP, C4CSA, SACSSP, CPSC geregistreer wees.
Prys: Sien hieronder
Datums: Sien hieronder
Waar?: Aanlyn van 08h30 tot 14h30 (behalwe die MLNP & PAT)


2. MLNP Advanced 1

Was voorheen MLNP Trauma Relief genoem. Jy leer 3 addisionele MLNP tegnieke om prosessering nog stadiger en effektief te maak. Dit word hoofsaaklik met kliënte wat erge en/of kompleks trauma beleef het gebruik (maar ek gebruik dit ook met life coach kliënte soos ek goed dink). Die PMSI (Personal Multi-Screening Inventory) assessering word ook bespreek.
Datum: 31 Oktober – 3 November 2023
Prys: R6000


3. MLNP Advanced 2

Was voorheen MLNP & Neurogenic Tremors genoem. Jy leer hoe om die liggaam se natuurlike manier om van trauma en spanning ontslae te raak, te fasiliteer. Alle warmbloedige diere beleef neurogenic tremors gedurende intense emosies, skok en/of die vriesrespons. Die mens is die enigste spesie wat dit willekeurig probeer beheer en met die gevolg “opgehoopte” spanning in die senuweestelsel het. Hierdie “opgehoopte” spanning lei tot langdurige hypoarousal of hyperarousal met gevolglike fisiologiese en psigologiese simptome.
Datum: TBA
Prys: R6000


4. MLNP & Assessments

Tydens hierdie werkswinkel word die 4 Life Coach assesserings (NCMI, PDD, VSAS-Ps, STI) behandel. Elke assessering se teoretiese onderbou, praktiese interpretasie en MLNP toepassing word in diepte bespreek.
Datum: TBA
Prys: R6000


5. MLNP & Dependency

Ons kyk na die 2 primêre redes waarom afhanklikheidsgedragspatrone gevrom word. Jy leer addisionele MLNP tegnieke om met kliënte wat verslawings het te werk. Addisioneel, leer jy ook hoe om mense wat gewig wil verloor as gevolg van emosionele eetpatrone te help.
Datum:
Prys: R6000
Datum: TBA
Voorwaarde: Moes al die MLNP Advanced 1 gedoen het.


6. MLNP & Ego States

Jy leer 3 verskillende Egostaat modelle en hoe om MLNP, ipv ‘n top-down metode, te gebruik. Hierdie is van die kragtigste MLNP tegnieke om negatiewe lewenstemas soos ek is nie goed genoeg nie, of ek voel altyd misbruik, of ek sukkel om nee te kan sê, permanent te verander.
Prys: R6000
Datum: 7 – 10 Nobember 2023


7. MLNP & Finances/Wealth

In hierdie werkswinkel leer jy verskeie maniere hoe om jou kliënte se onbewuste denkwyse oor geld, sukses en voorspoed permanent dmv MLNP te verander. Jou kliënte se inkomste sal verhoog sonder enige addisionele inspanning of harder werk van hul kant af. Twee addisionele assesserings word ook behandel: MPAS (Money Preference Assessment Scale) asook die FMAS (Financial Management Assessment Scale).
Prys: R6000
Datum: TBA


8. MLNP & Music Therapy

Musiek het die vermoë om sterk emosies te genereer en skielike herinneringe na vore te bring. Musiek werk beide op ‘n kognitiewe en sub-kortikale vlak. Ons gebruik musiek om te motiveer, om ‘n sekere atmosfeer te skep en onsself aan sekere tye te herinner.
In hierdie werkswinkel kyk ons na spesifieke genres, lirieke en komponiste en die wyse hoe ons dmv musiek spesifike lewenstemas en herinneringe kan prosesseer.
Prys: R6000
Datum: 11-13 Oktober 2023
Voorwaarde: Jy moes al die MLNP Advanced 1 gedoen het.


9. MLNP & Shame/Perfectionism

Skaamte is so oud soos Adam en Eva en die vyeblaar. Daar is baie redes waarom ons skaamte as kind kon ervaar – ons ouers se gedrag in die openbaar, konstante teregwysing en kritiek, mishandeling en verwaarlosing en nog vele meer. As kind het ons aanpassing in ons gedrag gemaak om met die skaamte te deel. Van die “simptome” van skaamte wat uitspeel in volwassenes se gedrag is perfeksionisme, die konstante wonder wat ander dink en sê en om verskoning te maak vir hoe jy (of jou huis of jou kar of jou kleredrag) lyk
In hierdie werkswinkel kyk ons na hoe om met die diepgewortelde skaamte dmv MLNP te werk.
Prys: R6000
Datum: 17-20 Oktober 2023


10. MLNP & Generational Patterns

Die wortel van depressie, angstigheid, kroniese pyne, obsessiewe gedagtes en fobias mag agv jou ouers, grootouers en selfs jou groot grootouers se traumas wees.
Die jongste navorsing bevestig dat traumatiese ervaring aan toekomstige geslagte oorgedra word en hierdie emosionele oorerwing, versteek in alles van ons geenuitdrukking tot alledaagse taal, speel ‘n veel groter rol in ons gesondheid as wat voorheen verstaan is.
In hierdie werkswinkel gaan jy jou vorige geslagte se onbesutelike taal en temas ontdek en hoe om dmv MLNP daarmee te deel.
Prys: R6000
Datum: 3-6 Oktober 2023


11. MLNP & Relationship Dynamics

Tydens hierdie werkswinkel kyk ons na hoekom ons kies wie ons kies as ‘n lewensmaat. Waarom dit waarop jy verlief geraak het ook die bron van frustrasies raak wanneer jy eers getroud is. Die lewensiklus van elke huwelik asook hoe jou opvoeding jou gevorm het om ‘n spesifieke persoon raak te sien en aangetrokke te voel. Jy leer hoe om paartjies te help om op ‘n volwasse wyse deur frustrasies en konflik te dialoog.
Prys: R6000
Datum: TBA


12. MLNP & Performance Enhancement

As jy hou van sport en enige vorm van performing arts, dan is hierdie werkswinkel vir jou. Hier gaan jy leer hoe om sportmanne en -vroue te help om beter te presteer ongeag die tipe sport en ongeag of jy die sport kan doen of nie. Daar is slegs 7 faktore wat enige atleet terughou om die beste te presteer en jy leer addisionele MLNP tegnieke. Die formule wat vir prestasie gebruik word is Performance = Developed potential –  Interferences. Daar is net 7 interferences en jy sal enige atleet, ongeag die tipe sport, kan help om dit te prosesseer.
Prys R6000.
Datum: TBA


13. MLNP & Psychedelic Assisted Therapy (PAT)

Psychedelic assisted-therapy (PAT) is ‘n vorm van terapie wat die gebruik van psigedeliese stowwe soos psilocybin, MDMA en ketamien behels met die doel om terapeutiese deurbrake en insig te fasiliteer. In meeste lande (ook in Suid Afika) is dit onwettig, maar daar is reeds ‘n paar state in Amerika wat PAT goedgekeur het. Ek het laasjaar twee PAT werkswinkels bygewoon om myself solank voor te berei vir wanneer dit is Suid Afirka gewettig gaan word. Daar word gereken nog so 2 of 3 jaar.
In hierdie werkswinkel leer ek jou die geskiedenis, agtergrond, huidige navorsing en deurbrake van PAT. Ek glo MLNP se aanslag maak dit een van die beste terapeutiese metodes om saam met PAT te gebruik. As jy al van PAT gehoor het en dit jou interesseer, dan is hierdie werkswinkel vir jou.
Prys R4500.
Datum: TBA
Waar?: Plek sal nog aangekondig word.
Voorwaarde: Moes al MLNP Advanced 1, Ego-States en Dependency gedoen het. Ook net vir 2022/3 Community lede.


Kontak ons gerus vir algemene navrae of werkswinkelbesprekings.

Digiprove sealCopyright secured by Digiprove © 2023 Edgar Phillips